Richemont rol daarin
Netflix begin hak, en United vlieg hoog
Oor die volgende 3 minute en 49 sekondes: hoeveel ryker Johann Rupert vandag is, hoekom Netflix meer soos televisie raak, en hoekom vliegkaartjies Newark toe duurder gaan raak.
⌚ Ruperts wen alweer
Terwyl die res van die luukse mark sukkel om hul Louis Vuitton-sakke vol te hou, trek Richemont (JSE:CFR ▲ 6.4%) die krane oop. Volgens Bloomberg het Johann Rupert se rykdom met $1,09 miljard in ’n dag se tyd toegeneem ná sy maatskappy se jongste verkoopsyfers die week bekend gemaak is. Hier is die DL:
Die Syfers: Richemont het 2026 afgeskop met €6,3 miljard in kwartaallikse verkope, ’n stewige 20% toename. Intussen kyk LVMH (in geel hieronder) ietwat benoud na hul mode-statistieke (dit begin krimp).
Harde vs. Sagte Luukshede: Die wêreld is onseker, en ryk mense koop eerder “harde” bates. Cartier en Van Cleef & Arpels (gesamentlik ’n 24% toename in totale verkope) wen omdat goud en
De Beersdiamante waarde behou.VSA is koning: Richemont het ’n massiewe 27% groei in die VSA gesien in die eerste drie maande van 2026, terwyl mededingers in dieselfde mark flatline.
Die vonnis: In ’n ekonomie waar alles duurder word, kies verbruikers beleggings-juwele bo brands.
Die les is: As jy wil wen in 2026, verkoop jy iets wat blink en swaar is. Nie iets wat volgende seisoen uit die mode uit gaan nie.
Netflix binge kry ’n advertensiebreek
🍿 Netflix NFX 0.00%↑ se uitslae gisteraand was min of meer wat die mark verwag het, maar Wall Street is nie eintlik beïndruk nie. Oornag het aandele met meer as 7% getuimel nadat die maatskappy se vooruitsigte vir die volgende kwartaal effens onder beleggers se hoë verwagtinge was. Baie daarvan is Warner Bros Paramount PSKY 0.00%↑ se skuld. Beleggers het geglo die rooi N sou suksesvol wees daarin om Bugs Bunny en kie oor te neem. Toe wen die Ellison-familie, en verwagtinge dat Netflix skielik Burbank sal oorneem val deur die mat.
📺 Daar is nóg ’n interessante skuif: Netflix gaan voortaan minder besonderhede oor kykertalle deel. Dis gewoonlik wat gebeur wanneer die SABC ’n maatskappy sê: “Vertrou ons, alles gaan goed.” Intussen spandeer Netflix al hoe meer aan regstreekse sport – sowat 5% van sy inhoudsbegroting.
Regstreekse televisie is dood. Lank leef regstreekse televisie.
United vlieg reguit in ’n duur tenk in
✈️ Die lugredery wat 13 keer ‘n week Suid-Afrika toe te vlieg om mense soos Peet en Mel aan Amerika voor te stel, United Airlines UAL 0.00%↑, maak lekker baie geld. Maar ten spyte van uitstekende finansiële uitslae, waarsku hulle aandeelhouers dat daar moeilikheid op pad is (nes Mel en Peet).
Wat het hulle gesteel? Jet fuel (bietjie anders as die goed in jou bakkie) het in Julie met 34% opgeskiet en United se brandstofrekening is besig om alle goeie nuus op te vreet. Die lugredery sê hulle hoop om die ekstra koste met duurder vliegkaartjies te verhaal – eers grootliks hierdie kwartaal, en volledig teen die einde van die jaar.
Die grootste vyand van enige lugredery is nie ’n leë vliegtuig nie. Dis ’n vol vliegtuig met ’n duur brandstoftenk.
Tot volgende week!





