Wall St kyk AI mis
Wat om van Tesla te verwag, en rentekoersvrese is terug
Oor die volgende 3 minute en 14 sekondes: Dalk moet jy meer goed lees oor AI, Tesla moet bewys dat afslag op sy motors die moeite werd is, en hoekom ek syfers en nommers die heeltyd meng.
Hier is die sakestories wat ek dophou dié week:
Wall Street kyk na die verkeerde AI-maatskappye
As jy dink AI gaan net oor Nvidia (NVDA 0.00%↑), kyk jy waarskynlik na die verkeerde deel van die storie.
🚀 Citrini Research (die mense wat met een Substack post Wall St bykans opgeblaas het) argumenteer in hulle jongste post dat almal baklei oor wie die mooiste AI-model het. Maar die regte geld lê by die ouens wat die infrastruktuur bou. Dis hoekom hulle Qualcomm (QCOM 0.00%↑) uitsonder — nie omdat almal ’n selfoon het nie, maar omdat hulle besig is om een van AI se grootste tegniese hoofpyne op te los. Hulle sê ook AI-borrel burst-vrese is meestal geraas. Dit sal interessant wees hoe Wall Street vandag hierop reageer.
Die goudstormloop is nog nie verby nie. Wall Street probeer net uitwerk wie die grawe verkoop.
Drie aandele wat hierdie week die mark kan rondstamp
Woensdag maak Alphabet (GOOG 0.00%↑), Tesla (TSLA 0.00%↑) en IBM (IBM 0.00%↑) hul boeke oop. Dit beteken Donderdagoggend kan óf ’n baie goeie dag wees óf jy moet maar die dag af vat. Hier is wat dalk interessante stories gaan wees:
📍 Google: Werk AI uiteindelik soos ’n besigheid, of net soos ’n duur stokperdjie? M.a.w. wat doen hulle presies met al die geld wat hulle in Gemini etc gepomp het. En hoeveel méér gaan hulle in die volgende kwartaal spandeer?
📍 Tesla: Vergeet hoeveel motors hulle verkoop, dit tel nie meer nie. Dit was die een datapunt wat ons tot onlangs nog gebruik het om te besluit of Elon mal slim is of nie. Die vraag is egter of Elon enigsins nog geld maak op elke motor wat hy vervaardig - en of robotaxi’s steeds net ’n pypdroom is.
📍 IBM: Ná ‘n moeilike paar weke (gaan kyk hier as hierdie nuus is vir jou) moet IBM wys sy AI-plan is meer as net ’n PowerPoint.
🇿🇦 SA se syfer-stortvloed
Hier is die twee syfers wat vir jou moet saak maak die week:
💰 Woensdag: Inflasie.
Ekonome dink dit gaan effentjies klim na 4,6% (vanaf 4,5%). Die groot skurk is Trump olie. Die goeie nuus? Julie se goedkoper petrol (R1,96/liter goedkoper) behoort later bietjie meer asem te gee.
🏘️ Donderdag: Rentekoerse.
Die Reserwebank staan voor ’n moeilike besluit. Inflasie is nog semi onder beheer, maar oliepryse en wêreldpolitiek maak dinge deurmekaar. Die kans dat hulle koerse onveranderd laat is steeds groot, maar die gesprek oor nóg ’n verhoging is nie meer heeltemal van die tafel af nie.
Een vergadering. Miljoene Suid-Afrikaners wat hoop hul huislening bly waar dit is. Sterkte daar.
Dis die storie vir vandag.
Stuur kommentaar en waarvan jy meer wil weet:




