Die week se grootste stories
En Rondebosch se vlagoorlog
Hier is die lekkerste stories van die week, en die een add-on (heel onder) wat die moeite werd is om van te weet.
Geniet die volgende 269 sekondes van vandag se Buitelyn nuusbrief.
🕹️ MAANDAG het ons julle vertel van die bloedbad by Xbox, en deur die loop van die week het Amerikaanse media probeer om meer konteks te gee aan die storie. Byvoorbeeld, dat die tech bedryf reeds 154k afleggings in 2026 gesien het. Maar ek dink dit mis die punt.
Bloomberg het die goeie punt gemaak dat die storie meer te doen het met Microsoft wat soos Netflix probeer wees. Nes Ster Kinekor se fliekklub, was Xbox Game Pass nie suksesvol daarin om gamers te oortuig om teen ’n vaste maandelikse bedrag toegang tot video games te kry nie. Want sien, mense consume media / video games / liedjies soos hulle wil. One size does not fit all. Ek koop eerder individuele speletjies as om afhanklik te wees van ’n intekenfooi. Ek gaan fliek wanneer ek wil, nie op ’n bepaalde tyd soos Ster Kinekor vereis nie.
Wie onthou Die Burger Plus-klub? Exactly my point.
💰 DINSDAG was die groot nuus dat Joburg nog dieper in die rooi is as wat ons gedink het. Die stad het in tussen belowe om hulle sh*t reg te kry. Nasionale Tesourie het sedertdien ingegryp om te probeer strate skoon hou in die Goudstad.
🏢 WOENSDAG het nuuskanale 24-uur dekking gegee aan ’n gebou wat almal gedink het in mekaar gaan stort (en nooit het nie). Dit was maar net nóg ’n dag waartydens die hele New York media die res van die wêreld se aandag van alles anders (selfs Peet Viljoen se leuens) probeer hou het. Tony Leon se onderhoud met News24 was waaroor (meeste) nuuskantore in Suid-Afrika geklets het, terwyl die ou ooms by BizNews goeie konteks gegee het vir wat binne-in die DA aan die gang is. Kyk gerus ’n gedeelte van die onderhoud hier:
🚧 DONDERDAG: As jy op Stellenbosch bly ken jy ál die skinder oor die Botmaskop-ontwikkeling, so die hofbeslissing (dat jy nou mág breek én bou teen die Stellenbosse berghange) was seker nie nuus vir jou nie. Dankie vir die van julle wat wel vir my ’n exclusive aangebied het oor wat régtig op Botsmaskop aangaan. (Dalk moet ek tog die aanbod aanvaar).
🏳️🌈 VRYDAG: Die kultuuroorlog het uiteindelik Rondebosch getref. Diktril Seunskool Bishops is tans in ’n massiewe stryd gewikkel rondom die hysing van ’n gay pride-vlag.
’n Oorsig (vir die van ons wat nie Old Boy magtig is nie)
Vlagreël: Sedert 2022 hys Bishops die vlag vir 2 dae tydens Junie.
Reaksie: Oud-leerders meen dit dwing ’n ideologie op die skool af. ’n Ou wat sê hy is ryk
er as wat hy eintlik isRob Hersov het gepleit vir “institusionele neutraliteit” en gesê slegs die skool- en landsvlag mag daar wapper.Fallout: Prominente oud-Bishops boys soos Tiktokker Anton Taylor het bande met die Old Boys Union gesny en die herrie as homofobies bestempel:
@anton.taylorToday I have made the decision to cut ties with the current Bishops Old Boys Union (known as the OD Union). It gives me no pleasure. In late June they sent out a letter purporting to represent ALL Bishops Old Boys, demanding that the Bishops Council stop flying the Pride flag for two days in June. Only TWO DAYS a year. To be clear - the flag only flies for TWO DAYS a year and the OD Committee still found this unacceptable. I know that I will be told to ‘keep things within the community’. But the committee sent this to the entire OD Community– thousands of people – in our name. The committee members have been actively lobbying their cause on WhatsApp groups, phoning people, and have even roped in 'friends of Bishops' to sign their cause. The headmaster has already had to send out an email about this matter. The boys are already bearing the brunt of this. It is also worth noting that I emailed the committee informing them of my intentions, and they declined to withdraw their motion to council. They had the quiet route offered. If, like me, you disagree with the targeting of gay people, I would encourage you to put your name to the link in my bio in support of the flag. #bishops #diocesancollege #odunion #pride #southafricanschoolsTiktok failed to load.
Enable 3rd party cookies or use another browser
Die stryd oor die vlag gaan lankal nie meer oor ’n vlag nie, maar oor wie uiteindelik besluit watter waardes ’n skool in die wind kan laat wapper: ryk pappas, Old Boys of die kinders self. Ek onthou toe my hoërskool se ma’s (amptelike titel ‘Mamma’s Wat Omgee’) Pieter-Dirk Uys op ons skoolgronde verbied het tydens sy nasionale VIGS-bewustheidstoer. Die vrees was dat die gratis kondome wat hy sou uitdeel van ons almal seksbeheptes gaan maak. The more things change.
Lekker naweek, tot Maandag!


